DR Kongo: VN veroordeel bloedbad

Die VN se vredesending in die Demokratiese Republiek van die Kongo het die moorde op vyftig dorpenaars deur M23 in die konflikgeteisterde ooste veroordeel en gevra vir 'n ondersoek om 'geregtigheid te bring'. Die beweging van 23 Maart, of M23, is 'n Kongolese Tutsi-rebellegroep wat jare lank dormant was. Dit het verlede November weer die wapen opgeneem en in Junie beslag gelê op die dorpie Bunagana op Uganda se grens. 'Die VN het gesê dat die moorde misdade ingevolge internasionale humanitêre reg kan wees, sowel as die oortreding van die onlangse wapenstilstand. Denis Mukwege, 'n Kongolese dokter wat die Nobelprys vir Vrede gewen het vir die hulp van verkragtingslagoffers in die strydgeteisterde streek, het ook afgryse uitgespreek oor berigte van massaslagting, vermiste mense en gedwonge werwing van kinders in konflik. Human Rights Watch het gesê VN-troepe moet ontplooi word om oorlewendes te beskerm. Bid dat M23 ontwapen word en onttrek van grond waarop dit beslag gelê het soos deur die Oos-Afrikaanse leiers versoek. Op 8 Desember het die VN aangekondig dat 131 burgerlikes gesterf het in 'n aanval deur M23 in November. https://www.bbc.co.uk/news/world-africa-63899461