Christene in Katar nooi die wêreldkerk om saam met hulle te bid vir 'n beweging van die Heilige Gees tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat op 20 November begin. Die land is nommer 18 op die Wêreldwaarnemingslys. Alhoewel buitelandse Christene in relatiewe vryheid kan aanbid, word Katari-Christene verbied om hul eie kerke te hê of selfs 'n kerk te betree. Bekeerlinge kan ook uiterste druk van hul familie en gemeenskap ondervind. Ten spyte van hierdie uitdagings, groei die kerk in Katar – en daar is die verwagting dat dit sal voortgaan om dit te doen tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. 'Ons verwag 'n groot beweging van die Heilige Gees tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi,' sê 'n kerkleier vir expats en trekarbeiders. 'Ons sien reeds die beweging van die Heilige Gees in Katar. God besoek mense in hul drome. God doen wonderwerke. God doen genesings onder die Qatari mense.'