Kenia: voedselkrisis

'Ons pogings was vrugteloos,' het 'n Christenboer in die noorde van Kenia gesê. 'Wilde diere val ons plase binne en vreet alles op - seekoeie, olifante, buffels. Gesinne sukkel met niks om te eet nie.' Dit is nog 'n probleem wat bygevoeg word tot die langdurige droogte wat steeds dieper byt. Oeste misluk, vee vergaan en die allerbelangrikste waterbron, die Tanarivier, kwyn en verdroog. Kinders in die noorde van Kenia het reeds van honger begin sterf. Barnabas Aid gaan voort om Christene in daardie area te voed, waar ons medegelowiges 'n minderheid is en nie hulp van die hoofhulpagentskappe in die area kry nie. Die reënseisoen, Oktober tot Desember, sal na verwagting kort en lig oor die grootste deel van die land wees.