Horing van Afrika: ongekende hongersnood

Ongekende hongersnood pak dele van Afrika. Vier jaar van droogtes, Covid-19 en die oorlog in Oekraïne het haglike toestande geskep. In Somalië, Ethiopië en Kenia sterf een persoon elke 48 sekondes van honger. Waterbronne en putte het opgedroog. Oeste het misluk, vee het gevrek, en 22 miljoen mense kan honger ly. Baie boere groei net genoeg om hulself te voed. Baie mense wat op vee staatmaak, sien hoe hul diere vrek. Gesinne wat gedwing word om te vlug op soek na kos, onderneem baie gevaarlike reise. Die vlak van pyn en lyding is verwoestend. Die helfte van Somalië se bevolking ervaar krisis-hongervlakke. Een uit elke drie kinders staar chroniese wanvoeding in die gesig. Voor Oekraïne se oorlog het Somalië 90% van sy koring van Rusland en die Oekraïne ingevoer, het Ethiopië 42% ingevoer. Kenia 44%, plus olie, yster, staal en kunsmis. Aan die einde van Augustus het die eerste graanbesending uit die Oekraïne 23 000 ton koring gebring – genoeg vir 1,5 miljoen vir ’n maand, ’n druppel in die emmer vir behoeftige miljoene. Sien ook die Europa-artikel oor Oekraïne-vragskepe wat vertrek.