"Dié wat Petrus geglo het, is gedoop en by die gemeente gevoeg - altesaam ongeveer 3 000" (Hand 2:41). Hierdie gedeelte herinner ons daaraan dat die vroeë Kerk vinnig gegroei het gedurende 'n tyd van vervolging. Dit gebeur weer in Laos. Klein huiskerke is oor die hele land versprei, en gelowiges in Laos staar voortdurende vervolging in die gesig. Bekeerlinge tot die Christendom word beskou as verraaiers van hul gemeenskap se Boeddhisties-Animistiese tradisies. Ongeregistreerde huiskerke is onwettig. Kommunistiese owerhede monitor Christene intens. Tog is daar rede tot hoop. Terwyl slegs 2,5% van die 7,4 miljoen bevolking evangelies is, is die jaarlikse groeikoers van die Kerk 6,8%. Die meeste van die huiskerke in Laos word gelei deur getroue maar onopgeleide leiers, maar dit is nie 'n beperking vir 'n soewereine God nie. Bid beskerming oor huiskerkleiers wat teikens van vervolging is; bid vir gelowiges om die Evangelie veilig aan hul bure te verkondig en met genade te volhard.