Print this page

3% van sendelinge fokus op onbereikte mense

Slegs 3% van Christensendelinge fokus op 'onbereikte' mensegroepe'. Van 7,7 miljard mense regoor die wêreld word meer as 3 miljard óf onbereikt óf die minste bereik. Daar is 7 000 onbereikte mensegroepe wat byna 42% van die bevolking van die wêreld verteenwoordig wat nog nooit van Jesus Christus gehoor het nie. Daar is baie faktore waarom hierdie groepe nie bereik word nie, insluitend fisiese, politieke en kulturele hindernisse. Sien Sommige onbereikte mense het gedeeltes van die Skrif in hulle taal vertaal. Sommige mensegroepe het nie eers hul taal neergeskryf nie. Ander onbereikte groepe het geen vertaling van die Bybel in hul moedertaal beskikbaar nie. Bid dat meer Christentaalkundiges God se oproep sal hoor om die kultuur en taal van onbereikte mense te bestudeer sodat hulle dan mense kan oplei om die Bybel in hulle tale te vertaal. Bid dat Christelike uitsaaiwese en tegnologiese innovasie die onbereikbare in geslote lande en geïsoleerde afgeleë gemeenskappe sal bereik.