Op 25 Mei is 'n pastoor in Atlanta gruwelik vermoor. Ds Marita Harrell woon en dien al dertig jaar in die stad. Volgens die polisie het sy 'n 27-jarige man wat onlangs die tronk verlaat het, gementor en berading gegee.' Die 57-jarige het die huis besoek as deel van 'n uitreikprogram na oud-gevangenes. Ondersoekers glo die man het haar by sy huis gesteek en toe die lyk in 'n bussie gestort wat hy later verlaat het. Hy is nou in hegtenis geneem op aanklag van moord en brandstigting. 'n Facebook-plasing het gelui: 'Hou asseblief haar man en twee dogters in julle gebede. Mag God se vertroostende arms haar familie, vriende en geliefdes omvou.'