Print this page

Uganda: Moslem-onderwyser vergiftig omdat hy tot bekering gekom het

Islamitiese onderwyser, Hiire Sadiki, is op 2 April vergiftig, kort nadat sy vrou verneem het dat hy tot die Christendom bekeer het. Hy het op 27 Maart sy geloof in Christus gestel na etlike maande se samesprekings met 'n Christelike pastoor. Nadat hy nie die Ramadan-vas gehou het nie en sy vrou opgemerk het dat hy in die naam van Christus bid, het sy sy manier van bid bevraagteken. Hy het vir haar gesê hy glo in Issa (Jesus]). Sy vrou het die Koran bestudeer en verse geken oor afvalligheidstraf. Sy het die kamer verlaat en Moslemleiers begin bel, toe teruggekeer en aandete voorberei. 'Ná 30 minute het 'n buurman opgedaag, kombuis toe gegaan en toe dadelik vertrek. Na aandete het Sadiki stuiptrekkings en braking opgedoen en die pastoor gebel wat hom hospitaal toe geneem het. Toetse het getoon sy kos was besmet met insekdoders wat gebruik word om rotte dood te maak. Die aanranding was die jongste van baie gevalle van Christenvervolging in Uganda.