Indië: Pastore het gebed nodig

26 leraars is uitdruklik benoem en ingesluit in skriftelike dreigemente. 'n Christenleier van 'n nabygeleë stad het gesê ander Christene in die gebied het ook dreigemente ontvang, maar kom steeds bymekaar vir aanbidding en sê: 'Dit is God se werk en ons sal Hom nie verloën nie. Dit is moeilik, ons moet hierdie dinge in die gesig staar. Bid asseblief dat ons nie moedeloos word nie.' Die polisie het nie opgetree nie en stel nie daarin belang om diegene te agtervolg wat gelowiges aanval of doodmaak nie. Soms skaar die polisie hulle by die vervolgers. Bid asseblief dat die 26 genoemde pastore beskerm sal word teen skade. Hulle name kan om veiligheidsredes nie gedeel word nie, maar God ken hulle. Bid dat alle Christenleiers in Indië God se liefde en krag sal ontvang, en voortgaan om veerkragtig te wees in hul geloof en getuienis namate die aanvalle teen Christenleiers daagliks toeneem. Al maak hulle nie in al die gevalle dood nie, is die beserings ernstig en langdurig.