Print this page

Burkina Faso: goudmyn-ontploffing

Sowat 60 mense is op 21 Februarie dood en dosyne gewond in 'n ontploffing by 'n informele goudmynterrein in Burkina Faso. TV-beelde wys 'n terrein van afgekapte bome, vernietigde sinkhuise en liggame wat met matte bedek is. Die land is die tuiste van groot goudmyne wat deur internasionale maatskappye bestuur word, maar ook van honderde kleiner, informele terreine wat sonder toesig of regulering funksioneer. Kinders werk gereeld in hierdie sogenaamde ambagsmyne; ongelukke is algemeen in een van die wêreld se mins ontwikkelde lande. Islamitiese groepe wat aan Al-Kaïda en IS gekoppel is, soek beheer oor mynterreine om hul geweld en onrus te finansier. Burkina Faso sukkel reeds met politieke stabiliteit, rebellegroepe en etniese spanning. Dit kan kwalik bykomende godsdienstige terreuraanvalle op Christene en Moslems hanteer. Sien