Print this page

VSA: Trump se weergawe van Twitter

'n Jaar nadat Donald Trump van Twitter verban is, het hy sy eie sosialemediaplatform, Truth Social, in 'n beperkte vorm in die Amerikaanse Apple-toepassingswinkel bekendgestel. Kommentators het opgemerk die toepassing het ooreenkomste met Twitter. Van diegene wat probeer registreer het, is meegedeel: 'Weens groot aanvraag het ons jou op ons waglys geplaas'. Projekleier, voormalige kongreslid, Devin Nunes, het gesê dit sal na verwagting teen einde Maart ten volle operasioneel wees. Geskep deur die jaar-oue Trump Media and Technology Group (TMTG), is Truth Social voorheen aan 500 beta-toetsers beskikbaar gestel. Truth Social beskryf homself as 'n 'groot tent' sosiale media platform wat 'n oop, vrye en eerlike globale gesprek aanmoedig sonder om teen politieke ideologie te diskrimineer. Mnr Nunes het belowe dit sal 'n 'sensuurvrye ervaring' wees.