Print this page

Tonga: vulkaan - tsoenami - vernietiging

’n Ondersese vulkaanuitbarsting in Tonga op 15 Januarie het tsoenamigolwe veroorsaak wat kuslyne van Japan tot Amerika oorstroom het. Teen 20 Januarie is vulkaniese as van die aanloopbaan verwyder en die eerste humanitêre voorrade het opgedaag. Die hulp - waterhouers, kits vir tydelike skuilings, kragopwekkers, higiënevoorrade en kommunikasietoerusting - was kontakloos om te verseker dat Tonga vry van koronavirus bly. Beperkte kommunikasieherstel het verskriklike vernietiging aan die lig gebring. Bid vir vinnige en veilige skoonmaakpogings. Australië se hoë kommissaris het gesê die verlies aan eiendom was katastrofies. Langs strande is 'n maanlandskap waar eens pragtige oorde en baie, baie huise gestaan het. Bid vir hulp om die haweloses te bereik en dat die kwesbares na veilige plekke verskuif word. Bid dat die 105 000 mense wat steeds sonder enige kommunikasie weer verbind sal word en dat volledige internetdienste gouer as die voorspelde maand hervat sal word. Bid dat die vermistes lewend gevind sal word en dat die beseerdes genees sal word.