In Somalië is Islam die staatsgodsdiens, en byna almal is Moslems. Daar word geglo dat die aantal Christene in die honderde is. Bid dat elkeen van ons broers en susters volgehoue krag en hoop in Jesus sal vind 'sodat hulle nie moeg word of moed verloor nie' (Hebreërs 12:3). In Libië moet Christene wat veilig wil bly 'n geheime geloofslewe lei. Dit word moeiliker gemaak deurdat daar nie 'n gesentraliseerde regering is nie. Wette word nie wyd toegepas nie, wat Christene verder aan vervolging blootgestel maak. Bid vir die voorsiening van 'n regering wat daarna streef om al sy mense te beskerm. Geheime Christene in Jemen leef voortdurend onder bedreiging vanweë hul geloof. Vra God om vir hulle wysheid en vrymoedigheid te gee terwyl hulle die evangelie uitleef. Bid ook vir vrede en stabiliteit in 'n land wat al byna 'n dekade lank in burgeroorlog gehul is.