Print this page

Libanon: bejaardes in swaarkry en hulpeloos

11% van Libanon se bevolking is oor die aftree-ouderdom (65), en 80% van afgetrede mense het geen gesondheidsorgdekking nie. Voorheen het Habeeb en Elham 'n goeie lewe gehad; hulle kon vleis eet, medisyne bekostig en die ligte aan hê. Maar daardie tye is verby. Toe Habeeb afgetree het, het hul inkomste gestop en nou staar die 80-jariges armoede en onsekerheid in die gesig. 'Daar is geen staatspensioen as jy oud is nie, niemand help nie. Hoe kan ons ons rekeninge betaal?' vra Habeeb met trane in sy oë. Libanon het een van die wêreld se ergste ekonomiese krisisse. Die Libanese pond het 90% van sy waarde verloor sedert 2019. Die bankstelsel het verkrummel met baie van die bejaardes se lewensspaargeld. Die jongmense verlaat Libanon op soek na 'n meer waardige lewe. Libanese het nie elektrisiteit en water nie, en kos en medisyne is moeilik om in te voer. Die hulpgroep Medonations voer medikasie in en verskaf dit aan diegene wat dit nodig het, en daar is ’n paar noodlenigingsafsetpunte vir die kwesbares.