Wêreldwyd: vervolgde kinders en enkelouers

Miljoene kinders regoor die wêreld staar geweld, diskriminasie of rou in die gesig omdat hulle of hul ouers Christene is. Dit het 'n groot impak op hul geloof en selfbeeld. Bid vir almal wat in hierdie kinders belê deur Christelike opvoeding, traumasorg en skoolopleiding, om 'n beter toekoms vir hulle en die langtermyn voortbestaan van die kerk te verseker. Bid vir enkelouers in Afrika, veral moeders wie se mans vir hul geloof vermoor is. Vra God om in hulle praktiese behoeftes te voorsien en bid dat hulle op die Here sal steun om hulle te help om godvrugtige kinders groot te maak. Christenkinders in Noord-Afrika kan dit uiters moeilik vind om die geloof van hul ouers te omhels terwyl hulle in 'n Islamitiese samelewing grootword. Bid dat meer Bybelonderrigklasse vir ouers voorsien sal word sodat hulle toegerus word om hul kinders 'in die opleiding en onderrig van die Here' groot te maak (Efesiërs 6:4).