Afghanistan: Taliban-beheer - weeklikse bomaanvalle

’n Groot ontploffing, wat deur IS geëis word, het tydens Vrydaggebede deur ’n Sjiïtiese moskee in Kandahar geskeur en minstens 47 mense doodgemaak. Dié bomaanval was die derde in twaalf dae, en die dodelikste sedert Amerikaanse magte in Augustus vertrek het. Dit is ook die eerste groot IS-aanval in die suide van Afghanistan, wat kommer wek dat die groep sy bereik uitbrei. Voice of the Martyrs (VOM) sê Islamitiese militante groepe ondersteun mekaar nie altyd nie; hulle soek almal krag. Amerikaanse en geallieerde magte het onttrek en 'n magsvakuum geskep wat die Taliban wil vul. IS wil egter beheer neem en speel op die vrese van mense deur onstabiliteit deur terreuraanvalle te skep. Afghanistan sal onstabiel wees solank daar 'n magstryd is. VOM glo godsdiensvryheid onderlê alle ander vryhede. Bid vir godsdiensvryheid en dat die kerke sal groei en sout en lig sal wees.