Suid-Afrika: 'n kerklike reaksie op grondkwessies

Christenleiers word genooi na 'n vergadering in Johannesburg op 5 Junie om saam te werk aan 'n gesamentlike Bybelgebaseerde reaksie oor grondonteiening sonder vergoeding, vir voorlegging aan 'n nuwe grondwetlike hersieningskomitee. Ná die parlement se Februarie-stemming ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding, is dié komitee saamgestel om artikel 25 van die grondwet en ander klousules te hersien waar nodig, om dit vir die staat moontlik te maak om grond in openbare belang te onteien, sonder vergoeding. Na hierdie voorlegging sal verdere stadiums van die openbare konsultasieproses voortgaan; die komitee moet sy verslag teen 30 Augustus indien.