Die biskop van Makurdi, Nathan Inyom, is op 6 Mei deur gewapende mans in Nigerië se Benue-staat aangeval. Nie een van die vyf passasiers (wat sy vrou Becky en sy kapelaan ingesluit het) is beseer nie, maar sy motor is in die aanval gesteel. Benue is 'n gebied wat die afgelope paar weke deur toenemende vlakke van geweld geteister is. Verlede maand is twee Katolieke priesters, Joseph Gor en Felix Tyolaha, dood toe veewagters die kerk in Ukpor bestorm het waar hulle Mis gevier het. 'Dit was 'n aanval op alles waarvoor ons ooit gestaan en geglo het', het 'n woordvoerder gesê. Sien