Print this page

Maleisië: opposisie behaal historiese oorwinning

In Maleisië se nasionale verkiesing op 9 Mei was daar 'n verstommende oorwinning vir die opposisie onder leiding van voormalige premier Mahathir Mohamad. Op die ouderdom van 92 het hy uit 'n lang aftrede gekom om die huidige premier Najib Razak en sy Barisan Nasionale party aan te vat, wat algemeen beskou word as verskriklik korrup en selfdienend. Nadat sommige Christenleiers ontvoer is (hulle word steeds vermis), en met wette wat hul godsdiensvryheid bedreig wat toenemend in werking gestel is, het die kerke besluit om saam te staan in 'n allemintige inisiatief van desperate gebed genaamd 'Light up Malaysia'. Dit lyk of hulle gebede nou verhoor word, dank die Here! Laat ons voortgaan om saam met hulle te bid dat die uitslag van die verkiesing vinnig en wyd aanvaar sal word, en dat die regerende party die uitslae sal aanvaar en sy magsgreep grasieus sal prysgee.

  • Pray: for God's peace to rule and for a new, reformed government that serves the nation's people justly and honestly, upholding human rights and religious freedom for all. (Nehemiah 7:2)