Print this page

Armenië: opdatering

Eerste minister Serzh Sargsyan is gedwing om uit te tree ná weke van massabetogings. Baie het gehoop dat hy vervang sou word deur 'n meer eerlike en eerbare man, Nikol Pashinyan. Op 2 Mei het 96% van Armenië se hoofstad, Jerevan, tot stilstand gekom toe duisende paaie versper het toe die parlement geweier het om mnr Pashinyan as die nuwe eerste minister te verkies. Hulle het paaie na die lughawe en paaie na regeringsgeboue versper. Betogings sal na verwagting voortduur; selfs staatsamptenare het by die protesbeweging aangesluit wat die 'fluweelrevolusie' genoem word.