Niger: bediening deur medisyne

Statistieke meld dat elke vrou in Niger gemiddeld 7,5 kinders het, en byna 50% hiervan is tans jonger as vyf en ondervoed. Meer as 1,5 miljoen mense is verlede jaar deur voedselonsekerheid geraak, en miljoene meer ervaar voedseltekorte gedurende elke maer seisoen. 'n Christian Aid bedieningsvennoot het 'n mediese kliniek vir kinders en kraamdienste gestig. Hulle werk bereik elf dorpe en verskaf voeding en immunisering aan ongeveer 450 000 mense. Nog 'n groot projek wat deur die bediening uitgevoer word, is om die hoop van Christus te deel en kerke te plant. Tans is slegs sowat 1% van die bevolking Christene, maar om mense se fisiese behoeftes aan te spreek, maak deure oop om te bedien. Soos die mense sien hoe liefdevol en vriendelik die bedieningswerkers is, luister hulle na die Evangeliewaarheid en word vertel hoe lief Jesus vir hulle is. Werkers is te alle tye, in alle situasies, ambassadeurs in Christus.