Indonesië en Vanuatu: vrese vir vulkaanuitbarsting

Sedert 23 September is 122 500 mense na plekke buite 'n 7,5 myl-uitsluitingsgebied rondom Bali se Mount Agung-vulkaan ontruim. Die magma styg al nader aan sy oppervlak, soos aangedui deur honderde daaglikse skuddings. Die vulkaan, twee myl bo seespieël, lok gewoonlik stappers, toeriste en pelgrims. Honderde vrywilligers is volgens die Internasionale Rooi Kruis ontplooi; hulle, en amptenare, fynkam die gebied, spoor dorpenaars aan om te ontruim, en hys waarskuwingsbaniere rondom die uitsluitingsone. Boonop het die berg Sinabung op 27 September ontplof en as 2,5 km in die lug oor die eiland Sumatra uitgespoeg, en Vanuatu het beveel dat 'n eiland ontruim moet word weens 'n ander vulkaanbedreiging. Sien en