'Leer jongmense van slawerny'

Wêreldwyd - - 25 Aug 2017 - Print - Email
'Leer jongmense van slawerny'

Die direkteur-generaal van UNESCO het Woensdag die universele eis vir vryheid onthou wat gelei het tot die 1791-opstand deur slawe in wat nou Haïti is. Irina Bokova het die belangrikheid daarvan beklemtoon om hierdie geskiedenis aan jongmense te leer. 'Ons maak staat op die onderrig van hierdie geskiedenis om môre se burgers op die pad na vrede en waardigheid te plaas. Almal moet weet wat die omvang van die misdaad van die slawehandel is, die miljoene lewens wat gebreek is en die impak op die lot van vastelande tot vandag toe', het sy gesê. UNESCO het 'n leidende rol gespeel binne die VN-stelsel in die bevordering van begrip en erkenning van die slawehandel. Sien ook http://www.un.org/en/index.html