Print this page

Rwanda: kinders is toekomstige leiers

Wêreldwyd - - 25 Aug 2017 - Print - Email
Rwanda: kinders is toekomstige leiers

Onesphore Rwaje, aartsbiskop van Rwanda, het kinders aangesê om hulself as toekomstige leiers van kerk en land te sien. Hy het sy opmerkings gemaak toe kinders bymekaargekom het by 'n geleentheid wat deur die Moeders Unie van die Anglikaanse Kerk in Rwanda gereël is. Hul provinsiale koördineerder het gesê die MU 'help om 'n omgewing te skep wat simpatiek is met die beskerming van kinders en die bevordering van hul regte'. Die aartsbiskop het hulle gevra om alles te doen met 'n teiken om na te mik, en leiers aangemoedig om selfvertroue in hierdie generasie van geseënde kinders te bou. Buitelandse sendelinge en kerkverwante nie-regeringsorganisasies is in die land werksaam. Die sendelinge word aangemoedig om hul godsdiensoortuigings te bevorder, en die regering verwelkom hul ontwikkelingshulp. Bid dat 'n sterk Christelike etos in Rwanda sal groei deur hierdie Christelike liggame.