Kenia: Christen in kampe pleit vir hulp

Wêreldwyd - - 25 Aug 2017 - Print - Email
Kenia: Christen in kampe pleit vir hulp

Al-Sjabaab-vegters het op 17 Augustus vier Christenmans in 'n dorpie in die Lamu-distrik vermoor. Drie is met kapmes doodgekap; die vierde is in sy huis verbrand. Al-Sjabaab oortref Boko Haram as Afrika se dodelikste terreurgroep. Christelike pastore van die streek het onthul dat die slagoffers die veiligheid van kampe verlaat het om na hul huise en oeste te kyk ondanks die waarskuwings deur Uhuru Kenyatta, Kenia se president. Hy het families aangemoedig om by ontheemdingskampe te bly terwyl die weermag probeer om die terreurbedreiging uit te roei. Die dorpshoof het erken dat die 'desperaatheid' in die kampe mense laat terugkeer na hul dorpe ten spyte van regeringsbevele. Christene in die kampe vra die wêreldgemeenskap om hulle in gebed te onthou. Hulle benodig kos, skuiling, water, medisyne, sanitêre doekies en seep.