Pakistan: miljoene in gevaar van arseen

Wêreldwyd - - 25 Aug 2017 - Print - Email
Pakistan: miljoene in gevaar van arseen

Dit word die grootste massavergiftiging in die geskiedenis genoem. Putte wat in die Indiese subkontinent in die 1970's geboor is, het miljoene blootgestel aan arseen wat uit omliggende rotse en grond in hul drinkwater uitlog; dit het velletsels, kanker, kardiovaskulêre siektes en neuro-ontwikkelingsvertragings veroorsaak. 'n Nuwe studie dui nou daarop dat tot sestig miljoen Pakistani's ook aan besmette water blootgestel kan word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het in die 1990's gewaarsku dat tot 77 miljoen mense in Bangladesj gevaar loop om water te drink met onveilige vlakke van arseen, en 200 miljoen mense in Nepal, Bangladesj, Indië en Viëtnam is blootgestel aan konsentrasies wat die aanbevole limiet oorskry. Kenners hoop dat hierdie nuwe studie Pakistan se owerhede sal motiveer om putte in hoërisikogebiede te toets en gemeenskappe te waarsku. As mense bewus is van die risiko's kan hulle water uit dieper waterdraers gebruik wat in kontak is met ouer sedimente, of belê in die behandeling van grondwater om arseen te verwyder.