Noord-Korea: Kim aan Trump, 'Dit is jou skuif'

Wêreldwyd - - 18 Aug 2017 - Print - Email
Noord-Korea: Kim aan Trump, 'Dit is jou skuif'

Prediker 9:17,18 sê: 'Die stille woorde van die wyse is meer om ag te slaan as die geskreeu van 'n owerste van die dwase. Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar vernietig baie goed.' Spanning rondom Donald Trump en Kim Jong-oen is gevaarlik. Niemand deins terug in hul woordestryd nie. Trump het gister in 'n twiet geïmpliseer dat hy Noord-Korea moes terugtrek oor sy bedreiging vir Guam. Dit is 'n gevaarlike wanpersepsie wat die krisis kan laat eskaleer. Trump kan die beste kans mis wat hy sal hê om die missieltoetse wat die Amerikaanse tuisland bedreig, te staak. Angstig oor die jaarlikse militêre oefeninge van die VSA en Suid-Korea wat volgende week begin, het Pyongyang die VSA voor duidelike keuses gestel: verminder spanning of staar 'n destabiliserende missielaanval na die waters rondom Guam in die gesig. Kim Jong-un wag om te sien wat die 'dwase Yankees' volgende doen. Bid vir God se beskerming oor Korea, Japan, Guam en die VSA.