Print this page

Kenia: Verkiesing

Wêreldwyd - - 11 Aug 2017 - Print - Email
Kenia: Verkiesing

'n Top Keniaanse verkiesingsbeampte het gesê die verkiesingskommissie se databasis is onsuksesvol geteiken deur 'n inbraakpoging. Wafula Chebukati, die kommissievoorsitter se kommentaar het op 10 Augustus gekom ná bewerings deur opposisieleier Raila Odinga dat kuberkrakers die databasis geïnfiltreer het en resultate ten gunste van president Uhuru Kenyatta in die verkiesing op 8 Augustus gemanipuleer het. Ten tyde van die skryf hiervan gaan die samestelling van die finale resultate voort met Kenyatta wat 'n sterk voorsprong het. Botsings tussen die polisie en opposisie-ondersteuners het in verskeie gebiede uitgebreek met mense wat geskiet en doodgemaak is, na aanleiding van Odinga se bewerings. In die hawestad Kisumu, die tuisdorp van Odinga, het die polisie traangas gebruik en op ondersteuners van die opposisieleier geskiet, het betoger Sebastian Omolo gesê. Kisumu-winkelier, Festus Odhiambo, het gesê hy bid vir vrede, selfs al het betogers paaie in die krotbuurte versper met vreugdevure en rotse. Almal hou ’n ogie oor wat die opposisieleiers gaan doen as Kenyatta as wenner aangewys word. Sien: http://www.aljazeera.com/news/2017/08/kenya-police-protesters-clash-poll-fraud-claim-170809081850902.html