Saoedi-Arabië: student gevonnis om onthoof te word

Mujtaba al-Sweikat, 'n Saoedi-Arabiese jong man, is as 'n student aan die Wes-Michigan Universiteit aanvaar, maar staar nou onthoofding in sy tuisland in die gesig vir deelname aan pro-demokrasie betogings. Hy is in 2012 by ’n Saoedi-lughawe op pad na die VSA gearresteer en aangekla. Hy word sedertdien aangehou en sy teregstellingsvonnis is onlangs opgelê. Dertien ander minderheid-Sjiïete staar dieselfde lot in die gesig. Na die onlangse vonnisoplegging is Mujtaba en die ander na 'n tronk in Riaad oorgeplaas waar Saoedi-Arabië gereeld sy teregstellings uitvoer. Baie menseregtegroepe en 'n groot Amerikaanse onderwysersvakbond raak betrokke en doen 'n beroep op president Trump om in te gryp. Ons kan God prys dat dit nuusdekking kry en internasionale aandag trek omdat dit 'n potensiële Amerikaanse student behels, maar dit is normale gedrag in Saoedi-Arabië.