Iran: sloping en nuwe lewe

Historiese Christelike erfenisse is onbeskerm en word feitlik daagliks gesloop, weens IS se doel om alle tekens van Christenskap en Christelike geskiedenis te verwyder. Behalwe Sirië en Irak, is daar geen ander land soos Iran wat sy eie historiese terreine doelbewus vernietig nie. Ten spyte hiervan lei Iran die wêreld vir kerkgroei en om die streek vir Christus te beïnvloed, volgens Mission Network News, die sendingnavorsingsorganisasie. Daar is 'n toename van 19,6% in die Christenbevolking jaarliks, maar dit gaan nie sonder vervolging nie. Bid asseblief vir vier Iranse bekeerlinge wat tot ses jaar tronkstraf opgelê word op aanklag van 'optree teen nasionale veiligheid'. Volgens menseregte-aktiviste word hul uitspraak binnekort ná talle vertragings verwag. Sien