Irak: 100 000 vasgekeer in Raqqa

Duisende mense vlug voort uit die gevegte in Raqqa tussen Siriese magte en IS wat toeneem. Volgens humanitêre agentskappe op die grond is 108 000 mense uit die Raqqa-provinsie verplaas – die meerderheid uit die stad self – terwyl 'n verdere 100 000 mense glo steeds onder IS-beheer is. Weens 'n gebrek aan diesel om kragopwekkers te bedryf en 'n beskadigde pompstasie is die watertoevoer binne die stad beperk. Burgerlikes het glo gebruik gemaak van drinkwater wat uit die Eufraat geneem is, wat inwoners aan die risiko van watergedraagde siektes blootgestel het aangesien die water ongeskik is vir verbruik. Slegs nege dokters bly in die stad oor, en medisyne en mediese dienste ontbreek ernstig. Baie GOP's praat van 'n gebrek aan basiese benodigdhede, insluitend kos en water.