Print this page

Noord-Korea: gearresteer nadat hy familie ontmoet het

'n Noord-Koreaanse man is in hegtenis geneem op aanklagte van 'spioenasie' nadat hy Christenfamilielede in China ontmoet het. Kim Seung-mo (61) is vroeg in Junie in hegtenis geneem nadat sy familie in China se Jilin-provinsie, wat aan Noord-Korea grens, besoek het. 'n Plaaslike bron het gesê: 'Nadat hy teruggekom het, het hy openlik vir sy bure gesê dat sy familielede 'n kerk bygewoon het, wie se pastoor baie gebruikte klere by gemeentelede vir hom ingesamel het. Dit blyk dat iemand staatsveiligheidsagente ingelig het. Alle reisigers na China word verplig om hul verblyfplek en besonderhede oor hul aktiwiteite aan te meld. Kim is van spioenasie aangekla omdat hy nie gerapporteer het dat sy familie kerkgangers is nie, en dat die pastoor hom gehelp het nie.' Kim is glo 'geboeie en met tou vasgebind ... Daar was duidelike tekens van gewelddadige aanranding omdat hy gesplete lippe en swart oë gehad het, en dit lyk of hy 'n besering aan een van sy bene opgedoen het.

  • Pray: that God will give those held by the authorities added strength to withstand their suffering. Pray also that the leaders will have a change of heart with regard to human respect. May they meet with Jesus. (Isaiah 61:1)