Print this page

Egipte: Kopte bly sterk in hul geloof

Op 28 Mei, die dag na 'n dodelike aanval op 'n bus van Christelike pelgrims, het SAT-7 Arabiese radio 'n belangrike Christelike siening gelewer oor die bedreigings wat gelowiges van ekstremiste in die gesig staar. Die gewapende mans het geëis dat die gelowiges hul Christelike geloof moet verloën en hulle geskiet toe hulle geweier het. Dit was die jongste in 'n reeks aanvalle op Koptiese Christene sedert Desember 2016, insluitend drie selfmoordbomaanvalle van kerkdienste wat 75 mense dood gelaat het. Verantwoordelikheid is deur IS geëis. Tydens die begrafnis van die gesneuwelde Christene het een gelowige gesê: 'Waarom word ons vermoor? Ons haat niemand nie. Ons godsdiens is een van liefde.' Sorial Gabriel, 'n priester, het gesê: 'Ons sal nooit vir enigiets anders vra as vrede nie. Ons het niks anders as vrede nie. Die wêreld is getuie van hoe die Kerk gloei, en die Kruis gloei.' Die Christene bly vas in hulle geloof; een het gesê: 'As ons swak is, dan is God sterk en beskerm ons'. 'n Professor by die Evangeliese Teologiese Seminarium in Kaïro het gesê: 'Ek was op Egiptiese nasionale televisie en 'n ekstremis het vir my gesê: "In God se naam, ek haat jou." Ek het geantwoord: 'In God se naam, ek het jou lief.'