Print this page

Filippyne: Christene as menslike skilde

Rebellevegters in die Filippyne gebruik glo tientalle Christene - insluitend 'n priester - as menslike skilde, te midde van 'n voortdurende stryd om Marawi-stad te herower. Die IS-gekoppelde Maute-groep skuil glo agter 100 Christen-gyselaars nadat president Duterte intense bomaanvalle op die rebellegebied beveel het. Abdullah Maute, een van die groep se leiers, het gesê hy sal vader Suganob bevry in ruil vir sy ouers, wat tans deur die polisie aangehou word. Sy versoek is geweier deur die president, wat gesê het dat enige bedinging met terroriste 'teen regeringsbeleid' is. Die meeste mense het in Mei uit die stad gevlug; diegene wat oorgebly het, is gedwing om hulle tot Islam te bekeer en lakeie vir die Mautes te wees. Die vroue en meisies het seksslawe geword en alle waardigheid verloor. Die Wit Huis het gesê: 'Hierdie lafhartige terroriste het Filippynse wetstoepassers vermoor en die lewens van onskuldige burgers in gevaar gestel. Die VSA is 'n trotse bondgenoot van die Filippyne, en ons sal voortgaan om saam met hulle te werk om gedeelde bedreigings vir die vrede en veiligheid van ons lande aan te spreek.'