Print this page

Israel: Palestynse kinders het haat geleer

Dr Daphne Burdman, 'n psigiater, patoloog en luitenant-kolonel in die Amerikaanse weermag, sê dat daar in beide die Palestynse Owerheid en Hamas-beheerde Gaza sorgvuldig beplande en wydverspreide veldtogte is om kinders tot haat aan te spoor. Hierdie proses van aanhitsing het totaal onvoldoende dekking in die internasionale media gehad, en hierdie diep 'suksesvolle' programme - gebaseer op beide ou en nuwe tegnieke van oorreding en indoktrinasie - word deur die weste geïgnoreer. Daar is toenemende bewyse dat sommige tegnieke soortgelyk is aan, en geïnspireer is deur, dié wat gebruik word deur totalitêre regimes soos die Sowjet-KGB en Chinese intelligensiedienste. Hierdie aanhitsing van Palestynse kinders het gelei tot wydverspreide haat en 'n geneigdheid tot geweld onder hulle. Palestynse leiers moedig hulle aan om gewelddadige dade teen Israeli's uit te voer, al sal hulle waarskynlik gewond of gedood word. Hulle word belowe dat hulle martelare sal word.