Die Maute-groep, 'n Islamitiese ekstremistiese groep wat met IS verbind word, het nege Christene gevange geneem, hul hande saamgebind en hulle in Marawi-stad doodgeskiet, volgens die Mail Online. Beelde wat aanlyn versprei word wys hoe die Christene met hul gesig na onder in die gras lê. Berigte sê dorpenaars is te bang om die lyke te skuif omdat terroriste steeds in die gebied is. Nuus van die moorde kom enkele dae nadat dieselfde groep 'n Katolieke priester, vader Teresito Suganob, die kerk se sekretaris, twee werkende studente en 'n aantal gemeentelede gevange geneem het. Die militante hou hul gyselaars op 'n onbekende plek aan. Hulle het ook die katedraal in Marawi aan die brand gesteek. Die Katolieke Biskoppekonferensie van die Filippyne het die regering aangemoedig om die veiligheid van die gyselaars topprioriteit te maak.