Print this page

Wêreldwyd: 20 miljoen naby aan hongersnood

In Februarie Gebedswaarskuwing is lesers vertel van 1,4 miljoen kinders wat gevaar loop om honger te lei in Jemen, Suid-Soedan, Somalië en noordoos Nigerië. Die krisis het vererger. Miljoene mense is vasgevang in konflikte binne hul lande. Bestaan word ontwrig, en hulle kan nie voedsel produseer nie. Dit is 'n God-grootte situasie wat voorbidding en Sy ingryping vereis. Die VN het $4,4 miljard teen Julie nodig om hongersnood in hierdie lande te voorkom. ’n Amptenaar het gesê die organisasie staar sy grootste humanitêre krisis sedert sy ontstaan in die gesig. Sonder die befondsing en kollektiewe en gekoördineerde globale pogings, sal mense eenvoudig dood van die honger sterf. Jemen se behoeftes is die mees kritieke: twee derdes van die bevolking (19 miljoen) het hulp nodig. In Suid-Soedan het 7,5 miljoen hulp nodig. In Somalië en noordoostelike Nigerië is daar ook ernstige voedselonsekerheid weens geweld en onstabiliteit. Sien ook