VSA: jeugselfmoorde en Netflix-reekse

'13 Reasons Why' is een van die mees besproke programme op Netflix. Russell Moore, president van die Ethics and Religious Liberty Commission, doen 'n beroep op Christenouers van tieners en kerklike jeugbedieningleiers om aanlyn gesprekke te voer wat die vrae ondersoek wat deur die reeks geopper word, wat die verhaal volg van Hannah wat haar eie lewe neem na 'n reeks traumatiese ervarings. Moore het gesê hoewel hy nie wil hê dat sy eie kinders daarna kyk nie, glo hy dat die kontroversie rondom die program 'n paar genade-gevulde oomblikke kan meebring. 'As die reeks iets wys, is dit dat daar verskeie redes is agter die duisternis wat tot selfmoord lei. Miskien sal hierdie kontroversie vriende, ouers en jeugpredikante aanspoor om oor selfmoord te praat en seine aan diegene in die moeilikheid te gee dat hulle nie alleen is nie en nie geoordeel sal word as hulle na vore kom en hulp soek nie.' Vir die omvang van jeugselfmoorde in die VSA gaan na: