Print this page

Midde-Ooste: Hamas-Fatah eenheidsregering sal aangekondig word

Palestynse bronne sê 'n sperdatum van 5 weke is in plek vir regeringsvorming tussen mededingende Palestynse faksies en die nuwe PA-eenheidsregering sal voor die einde van Mei aangekondig word. Die regering sal slegs uit 15 of 16 ministers bestaan wat nie by enige Palestynse groep geaffilieer sal wees nie. Die Palestynse dagblad Al-Quds het berig dat nie een van die ministers wat tans in die Hamas-regering onder leiding van Ismail Haniyeh dien by die eenheidsregering sou aansluit nie en 'n paar ministers wat in die Wesbank-regering dien, onder leiding van Rami Hamdallah, sou deel van die koalisie word. Fatah-leier, Azzam al-Ahmed, sal na verwagting binnekort na die Gaza-strook reis vir samesprekings met Hamas-leiers oor die samestelling van die eenheidsregering soos verlede maand tussen die twee kante ooreengekom is. PA-bronne het gesê dat Hamas ''n groot mate van buigsaamheid getoon het' met betrekking tot die kwessie van die vorming van 'n 'nasionale konsensusregering' onder leiding van president van die Palestynse Owerheid, Mahmoud Abbas.

  • Pray: for men of wisdom and peace to lead in this next step of developments in the region. (Pr.8:15-16)