Zimbabwe staar 'n 'skriklike' voedselsituasie in die gesig nadat wisselvallige reën en 'ongewone' mid-seisoen droogtes kritieke vlakke van oesmislukking veroorsaak het, het Christian Aid gewaarsku. Die Wêreldvoedselprogram skat die aantal mense wat voedselhulp in die komende maande sal benodig op twee miljoen. Christian Aid het gesê die onvoldoende mielie- en graan-oeste, lae graanvoorraad en hoë pryse het die Zimbabwiese regering genoop om duur voedselinvoere hoofsaaklik uit die naburige Zambië en Suid-Afrika te maak. Christian Aid se landprogrambestuurder vir Zimbabwe, Miriam Machaya, het gesê dat die Insiza-distrik veral swaar getref is, met vennootorganisasie Zimpro wat berig het dat slegs drie uit die 23 wyke surplus voedsel aanteken. 'Die voedselsekerheidsituasie in Zimbabwe is haglik, veral in die droë en gemarginaliseerde Matabeleland-provinsies waar Christian Aid en ons plaaslike vennootorganisasies werk,' waarsku sy.
Bid: vir die mense van Zimbabwe en die kritieke droogtesituasie. Bid dat die wêreld medelye met hulle sal hê en sal help om hul behoeftes te verlig. (Jes.58:10-11)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/millions.of.zimbabweans.at.risk.of.chronic.hunger/33900.htm