Daar word geglo, 'Wanneer die maand van Ramadan begin, word die poorte van die Paradys oopgemaak en die poorte van die Hel Vuur is gesluit en die duiwels is vasgeketting.' (uit Islam se heilige teks van Bukhari) Mohammed het die eerste keer van 'n alternatiewe 'fees' en 'vas' by Christene in die 7de eeuse Arabië geleer. Ramadaan laat emosionele opgewondenheid en godsdienstige ywer onder Moslems vry. Vas is verpligtend gedurende daglig en word met sonsondergang verbreek wanneer 'n spesiale aandfees gevier word. Volwassenes waardeer die geleentheid om hul belonings van God te verdubbel en om vergifnis vir vorige sondes te soek. Moslems verander hul fisiese en emosionele self gedurende 30 dae van vas, onthou nie net van kos nie, maar weerhou ook van alle ondeugde en euwels wat bewustelik of onbewustelik gepleeg word. Mag Ramadan ons herinner aan ons eie behoefte om te bid, vas en God se soewereiniteit en die gawe van sy vleesgemaakte Woord, Jesus Christus, te vier.
Bid: dat die Almagtige God Sy genade en barmhartigheid sal betoon vir die 1,000,000,000+ Moslems regoor die wêreld. Mag baie Jesus Christus in hierdie tyd ontmoet. (Joh.1:17)