'n Nuwe Sars-agtige virus wat by mense ontdek word, kan ''n bedreiging vir die hele wêreld inhou', het die Wêreldgesondheidsorganisasie hierdie week gewaarsku. Die organisasie glo dat die virus "vinniger opkom as wat ons verstaan" nadat gevalle in agt lande aangemeld is - waaronder twee in Brittanje. Tydens 'n toespraak aan afgevaardigdes by die Wêreldgesondheidsvergadering in Genève, het direkteur-generaal dr Margaret Chan gesê dat hierdie virus nou "haar grootste bekommernis" is. Dr Chan het die wêreld aangeraai om al sy hulpbronne bymekaar te maak om die virus aan te pak, en gewaarsku dat daar op “alarmklokke” gereageer moet word. Die koronavirus het 44 mense wêreldwyd besmet en kenners is onseker oor wat die virus veroorsaak of hoe dit versprei. Dit het 'n soortgelyke molekulêre struktuur as die Sars-virus wat 774 mense in 2003 doodgemaak het. Soos Sars, veroorsaak dit respiratoriese probleme by die pasiënt, maar anders as Sars, kan dit ook lewensgevaarlike nierversaking veroorsaak.
Bid: vir wetenskaplikes regoor die wêreld om saam te werk om hierdie nuwe virus te verstaan en te bestuur. (Eks.15:26)
Meer: http://www.independent.co.uk/news/uk/home-news/world-health-organisation-warns-against-threat-to-the-entire-world-from-new-sarslike-virus- 8638434.html