Print this page

Viëtnam: Huiskerk aangeval

'n Huiskerk in Hanoi staar onsekerheid in die gesig oor waar om te aanbid nadat gewapende mans hul vergadering opgebreek het en 'n dosyn Christene, insluitend vroue en kinders, ernstig beseer het. Drie is na 'n onbekende hospitaal in Ho Chi Minh-stad ontruim nadat plaaslike hospitale geweier het om hulle te ondersoek of te behandel. (Viëtnamese dokters durf nie slagoffers van godsdiensvervolging behandel of selfs ondersoek nie.) Pastoor Nguyen Thi Lan is 'n onlangs afgetrede Kommunistiese Party-amptenaar wat verlede jaar tot die Christendom bekeer het. Binne daardie kort tydjie het sy 50 mense na die Christelike geloof gelei, wat mede-dorpenaars kwaad gemaak het wat gedreig het om haar dood te maak as sy aanhou om kerkvergaderings te reël. Pastoor Nguyen Danh Chau is wreed beseer met inwendige beserings aan die niere, lewer en ander organe, en bewusteloos gelaat. Nog 'n slagoffer is in aansienlike pyn met 'n staalgraaf op haar bors en maag sowel as haar rug geslaan, maar nie in die hospitaal opgeneem nie.

Bid: dat God sy wysheid en beskerming sal gee aan die groeiende ongeregistreerde huiskerkbeweging van 2 200+ wat in meer as 35 gemeentes vergader. (Ps.22:19-20)

Meer: http://www.bosnewslife.com/19146-news-alert-vietnam-house-church-attacked-12-injured