Te midde van bewerings van kiesersbedrog het Hugo Chavez nog 'n ampstermyn van ses jaar gewen met 54% van die stemme. Volgens berigte is baie Venezolane in die Verenigde State teleurgesteld deur die nuus. Hulle beweer hul kandidaat Henriques Capriles het verloor ondanks uittreepeilings wat anders wys. Tipies word die uitslag van die Venezolaanse verkiesings die volgende dag aangekondig, maar hierdie verkiesing is binne enkele ure na die stembusse sluiting aangekondig. Daniel Sandoval, uitvoerende direkteur van Spaanse Wêreldbedieninge (SWM), sê: 'Onder die ware gelowiges is daar 'n gevoel van teleurstelling. Daar is 'n gevoel van vrees oor wat in die volgende paar jaar gaan gebeur. Maar ons is seker dat God in beheer is van wie ook al president is in Venezuela.' Die vrees is verstaanbaar. In 2006 het Chavez baie uitgeweken sendelinge uit die stamgebiede van die land gedwing. Hierdie keer stuur Chavez egter gemengde seine.
Bid: dat God se volk sterk sal bly teen enige vrese en teleurstellings. (Ps.34:4)