VSA: Byeenkomste om rasseprofilering te veroordeel

George Zimmerman, 'n wit man is vrygespreek in die skietdood van die ongewapende swart tiener Trayvon Martin en burgerregte-betogers het saamtrekke regoor Amerika bygewoon om rasseprofilering te veroordeel. Aktiviste dring aan op burgerregte-aanklagte in die Federale Hof en sê "Zimmerman het die 17-jarige Martin verkeerdelik verdink dat hy 'n misdadiger is omdat hy swart was." Die Amerikaanse departement van justisie was besig om te evalueer of dit genoeg bewyse het om Zimmerman in die federale hof te vervolg ná sy vryspraak in Florida. President Obama het gevra vir 'n vreedsame reaksie op 'n saak wat die Amerikaanse publiek van die begin af gepolariseer het, wat kwessies van rasseprofilering en wapenbeheer aan die orde stel. In Sanford by die grootliks swart Allen Chapel AME Kerk het pastoor Valarie Houston 'n Sondagoggend gebedsdiens aan Martin opgedra. Aanvanklik het die polisie geweier om Zimmerman in hegtenis te neem omdat hy Martin geskiet het. In Boston en New York het 'n paar honderd betogers 'n gevoel van frustrasie uitgespreek. "Ek voel ons kry nie geregtigheid wanneer dit nodig is nie," het een betoger gesê.

Bid: vir vreedsame betogings, dat enige verdere ondersoeke uitputtend sal wees en dat geregtigheid geskied en gesien word om te geskied. (Pred.3:15-17)

Meer: http://www.reuters.com/video/2099/01/01/reuters-tv-video?videoId=244220974