VSA: Polisiekapelaan het vertel hoe om te bid

Op sommige plekke in die Verenigde State word dit al hoe moeiliker vir Amerikaners om vrylik hul geloof in Christus uit te oefen. Baie plekke regoor die land neem aksie teen Christene omdat hulle in die openbaar bid, of in Jesus se naam bid, berig Mission Network News. Geval in punt - Pastoor Terry Sartain. Volgens Fox News bedien hy die afgelope sewe jaar polisiebeamptes in Charlotte, Noord-Carolina. Toe hy op versoek van die Charlotte-Mecklenburg-polisieafdeling gebid het, het hy in 'die naam van Jesus' gebid. Maar hy kan dit nie meer doen nie. Vrywillige kapelane in die Charlotte-Mecklenburg-polisiedepartement sal nie meer toegelaat word om die naam van Jesus aan te roep in gebede by openbare geleenthede wat op staatseiendom gehou word nie. Majoor John Diggs staan aan die hoof van die kapelaanprogram. Hy sê dit respekteer mense van alle gelowe. Sartain sê hy is hartseer dat hy as pastoor nie die een ding kan gee wat hy bied nie: die Lewe en Persoon van Christus.

Bid: dat die gebede van die heiliges in die naam van Christus effektief sal wees en dat diegene wat daarteen praat geseën sal word. (Ps.33:12)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue16673.html