Print this page

VSA: Obama en Romney - seldsame blik op geestelike lewens

Demokratiese president Barack Obama sê dit is nie sy taak om sy Christelike geloof te verdedig teen twyfelaars wat vermoed dat hy Moslem is nie. Sy Republikeinse Party-uitdager Mitt Romney sê godsdiens is 'integraal' van sy lewe - hy vermy dikwels om sy Mormoonse geloof by die naam te noem. Die mans het skriftelik op nege vrae oor hul geloof gereageer. Godsdiens was 'n moeilike politieke kwessie vir beide mans. 'n Onlangse Pew Research Center-peiling het bevind dat 49% van Amerikaners Obama korrek as 'n Christen identifiseer. Meer Amerikaners weet dat Romney Mormoon is, maar 30% glo nie dat die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae Christelik is nie. Albei mans het gesê dat politieke kandidate beoordeel moet word deur hul werke nie geloof nie. Albei het ook gesê dat godsdiens sentraal in hul lewens is.

Bid: dat die wedloop na die volgende ampstermyn in die Withuis op nuttige feite sal fokus, wat sal lei tot ingeligte keuses wanneer daar gestem word. (Det.16:18-20)

Meer: http://www.eni.ch/featured/article.php?id=5892