VSA: Kirk Cameron smag na 'n terugkeer na waardes van Founding Fathers

Die akteur en vervaardiger Kirk Cameron het gesê Amerika kan uit die 'gemors' waarin dit is, kom deur terug te keer na die 'oorspronklike fabrieksinstellings', wat behels om te luister na die Stigtersvaders wat staatgemaak het op wysheid wat uit geloof in God en Sy Woord kom. Die evangeliese Christen het verlede week by die 2012 Values Voter Summit in Washington DC gepraat en gesê hy is bekommerd oor die toekoms van die nasie aangesien hy 'n pa van ses kinders is. Hy het gesê hy is veral bekommerd oor die November-verkiesing as gevolg van die land se reuse-skuld en kwessies soos verkrummelende waardes, ongewenste swangerskappe, tienerselfmoorde, die verbrokkeling van gesinne, dwelms en alkoholisme. Cameron het bygevoeg dat hy vind dat die meeste mense bloot die blaamspeletjie speel, terwyl daar 'n behoefte is aan 'n duidelike stem om die nasie te help om uit die gemors te kom. "Miskien het ons vergeet wat ons in die eerste plek so 'n groot nasie gemaak het," het hy gesê.

Bid: vir 'n herlewing en 'n terugkeer na Bybelse Christelike waardes in die VSA. (Op.2:4-5)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/kirk.cameron.longs.for.us.to.return.to.values.of.founding.fathers/30660.htm