VSA: Wapenwette / deernis vir Newtown

Terwyl waarnemers regoor die wêreld gerou het oor die onderwysers en kinders wat in Newtown vermoor is, het baie frustrasie uitgespreek oor 'n Amerikaanse politieke stelsel wat gewere so maklik toeganklik gelaat het. Die Duitse minister van buitelandse sake het 'n medelyeboek vir die slagoffers by Berlyn se Amerikaanse ambassade onderteken. In Moskou het tientalle Russe die naweek spontaan blomme by die Amerikaanse ambassade geplaas, nuus van die tragedie is oor die internet in China gedeel, wat Vrydag sy eie skoolaanval aanskou het. (sien item 4 hieronder) Regoor Europa het staatshoofde hul hartseer, skok en afgryse uitgespreek plus toenemende frustrasie met 'n Amerikaanse politieke stelsel wat gevaarlike wapens wettig en toeganklik vir die publiek gelaat het. Mexiko word direk geraak deur Amerikaanse wapenwette. Ander nasies wat massamoorde deur 'n eensame skieter ervaar het, het wetgewing hervorm en bevraagteken hoekom die VSA nie dieselfde kan doen nie.

Bid: vir almal wat deur hierdie gruweldaad geraak is om God se vertroosting en lewensmiddele te ken (Ps.55:4-5, 16-17) Bid ook vir duidelikheid en verskerping van Amerikaanse wapenwette. (Ps.45:4)

Meer: Meer: http://www.reuters.com/article/2012/12/19/us-china-attack-media-idUSBRE8BI0E920121219