VSA: Verkiesings 2012

Evangeliese Christene en anti-aborsie-aktiviste het die Republikein reg agter Rick Santorum verenig vir die party se presidensiële benoeming. Mnr Santorum het Woensdag verklaar dat sy sterk Iowa-vertoning beteken dat dit 'spel aan' is vir die party se presidensiële benoeming, en hy is op pad na New Hampshire vir ronde twee nadat hy tweede gekom het met agt stemme na Mitt Romney in Dinsdag se koukusse. Die Associated Press het nie 'n wenner verklaar nie, maar Iowa Republikeinse voorsitter, Matt Strawn, het vroeg Woensdag aangekondig dat Romney 30 015 stemme teen 30 007 vir Santorum het. Santorum se kamp het die uitslag 'n morele ekwivalent van 'n oorwinning genoem omdat hul ondersteuning die afgelope paar weke so vinnig gegroei het. Santorum, die voormalige senator van Pennsilvanië, het gesê: 'God het vir ons hierdie groot land gegee om sy mense toe te laat om vry te wees. Ek bied 'n publieke dank aan God.' en 'Dis nou of nooit vir konserwatiewe kiesers.'

Bid: dat namate die VSA oorgaan na elf maande van politieke werwing, God se waardes geëer sal word en nie as 'n politieke instrument gebruik sal word nie. (Eks.20:3,7)

Meer: http://www.boston.com/news/politics/articles/2012/01/04/santorum_declares_game_on_in_close_iowa_race/